Die huwelik is ‘n roeping, maar ook ‘n uitdaging en dit vereis aanhoudende werk. Hierdie “werk” kan soms moeilik wees en uitputtend raak . . . die feit is liefde is nie altyd romanties en soet nie. Die mooi van liefde kan soms pynlik wees, veral wanneer dit opoffering van ons vra. 'n Huwelik is veronderstel om aangenaam, opbouend en lekker te wees, maar om daardie ideale te bereik moet paartjies die konsep reg verstaan, en bereid wees om objektief daarna te kyk en nie net hul eie selfsugtige behoeftes te probeer vervul nie.